Inyathelo in the Headlines

Vier universiteite kry elk 5,5 miljoen - 18 Jan 2013 - Volksblad

Leane`Meiring

JOHANNESBURG. - 'n Amerikaanse stigting, wat al ongeveer R1,6 miljard aan die bevordering van tersiere onderrig in Suid-Afrika bestee het, het'n verdere R22 miljoen aan vier plaaslike universiteite toegestaan.

Sowat R5,5 miljoen gaan oor 'n tydperk van ses jaar deur die Kresge-stigting aan elk van die Universiteit van Johannesburg (UJ), die Universiteit van die Vrystaat (UV), die Tswane-universiteit van Tegnologie (TUT) en die Durbanse Universiteit van Tegnologie (DUT) gegee word in 'n poging om hul "kritieke rol in die Suid-Afrikaanse demokrasie to versterk".

"Ons het lankal beplan en gedroom wat ons sou doen indien ons die geld sou kry," het prof. Jonathan Jansen, rektor van die UV, gese.

"Dis duidelik dat die regering nie geld het om alle studente to help om to gaan studeer nie. Die geld gaan ons help om hulpbronne to ontsluit wat Baan lei tot meer beurse, meer studente en beter kwaliteit-onderrig."

Luidens 'n verklaring deur die Kresge-stigting het hulle reeds 'n gedeelte van die geld aan die universiteite gegee om hul geldinsamelings- en vooruitgangsinisiatiewe'n hupstoot to gee, wat 'n direkte invloed op studente en toekomstige studente sal he.

"Die geld kan gebruik word om uiteindelik beurse aan voornemende studente to gee, om geboue op to knap en nuwes to bou," het Shelagh Gastrow, uitvoerende direkteur van die Inyathelo-instituut vir vooruitgang, gese.

Die projek is die resultaat van 'n vennootskap tussen die Kresge-stigting en Inyathelo.

"Die geld kan vir enigiets deur die instansies aangewend word, afhangende van hul behoeftes," het Gastrow gese. Volgens haar moet die universiteite net twee mylpale haal.

Hulle moet teen die einde van die jaar hul geldinsameling-mikpunte haal en skenkers trek. Die sukses van hul pogings sal bepaal of hulle nog geld sal ontvang. Die UJ en die UV het aangedui dat hul skenkings gebruik sal word vir die verbetering van institusionele kapasiteit. "Die geld is die olie wat die wiele van vernuwing aan die rol sit," het Jansen gese.

Alan Khan, DUT-woordvoerder, het gese die geld gaan hulle help om nog geld in to samel sodat hulle 'n studentgerigte instansie kan wees.