Inyathelo in the Headlines

UV vereer drie met doctorsgraden - 8 Dec 2012 - Volksblad

Christal-Lize Thomas

PROF. MARTHA NUSSBAUM, een van die wereld se voorste filosowe, was een van drie mense wat Donderdag eredoktorsgrade op die Universiteit van die Vrystaat (UV) se somergradeplegtigheid in Bloemfontein ontvang het.

Nussbaum beklee die Ernst Freund-leerstoel as uitstaande professor in die reg en etiek aan die Universiteit van Chicago en is 'n lid van die Amerikaanse filosofievereniging. Sy is met 'n D.Litt.-graad deur die fakulteit geesteswetenskappe vereer.

Regter Frederik Brand, 'n voormalige grondwethof-regter en 'n buitengewone professor in privaatreg in die fakulteit regsgeleerdheid aan die UV, het 'n eredoktorsgraad in die regte ontvang. Hy is vereer vir sy groot hydrae tot die regswetenskap.

'n Eredoktorsgraad in geneeskunde is aan prof. Otto Prozesky, een van die land se voorste mediese navorsers, toegeken.

Prozesky is vereer vir sy belangrike rol as president van die Mediese Navorsingsraad en as navorser in virologie en as MIV/ vigs-navorser.

Walti Vermeulen, Cheetah-slot, en sy vrou, Come (née Louw) het op die vooraand van hul troudag ook saam hul grade om dokters te word op die gradeplegtigheid ontvang.

Die egpaar, wat gister in die stad getroud is, het mekaar drie jaar gelede op die Bloemfonteinkampus ontmoet.

Hulle doen albei aanstaande jaar hul internskap in Bloemfontein.

Louw se om 'n dokter te wees, is naas sy vrou nou die belangrikste.

Twee bloedjong Suid-Afrikaanse ambassadeurs, Jordan van der Walt (12) van die St. John's College in Johannesburg, en Botlahle Noikango (11) van die Sekondere Skool Sol Plaatje in Mafikeng, was gassprekers op die gradeplegtighe id.

Van der Walt, wat onlangs die Inyathelo-eerbewys vir filantropiese kinders ontvang het, het al 'n miljoen kinders in die land met mieliemeel gevoed.

Sy inspirasie was 'n televisieprogram verlede jaar oor honger skoolkinders. Hy het toe die projek Just One Bag begin.

Hy het graduandi aangemoedig om hul loopbane met hul harte aan to pak, terwyl Noikango, wat vanjaar as wenner van SA's Got Talent gekroon is vir Naar besonderse vers- en klankoptredes, glo daar kan saam aan 'n beter toekoms gebou word.